Netwerk24 skryf oor outeur J.S. (Kobus) Krüger se onlangse boek
Ons vier vandag die onderhoud en insiggewende resensie, getiteld ‘Die dominee, Boeddha en Jesus’, waarin Murray La Vita die outeur, J.S. (Kobus) Krüger oor sy nuutste boek ‘Verskyning en verdwyning van ’n verligte mens: ’n Boeddha in Theravāda perspektief, mistiek vertolk’ ondervra.
Lees die aanlyn artikel (vir Netwerk24 intekenaars) https://bit.ly/3JJGcy2 of in vandag se Die Burger of Beeld.
Beskrywing van die boek
Die boek is hoofsaaklik ’n vertaling en interpretasie van Theravāda Boeddhistiese sutta’s, wat handel oor die verskyning en verdwyning van ’n Boeddha. Dit onderneem die ondersoek van die vestiging van ruimer kommunikasie, ooreenkomste en verskille tussen Siddhattha Gotama en Jesus, vroeë Theravāda-geskrifte en die Nuwe Testamentiese evangelies.
Lesers word as deelnemers ingetrek by ’n proses van interreligieuse ontmoeting wat propagandistiese apologetiek en polemiek, sowel as oppervlakkige sinkretisme en onverskilligheid, transendeer. Die boek bevorder die ontwikkeling van ’n omvattende religie-teorie waarvolgens die diepste, hoewel onderbewuste verlange van alle godsdienste na stilte voor ’n uiteindelike onkruisbare, onbereikbare horison is.
Lesers word uitgenooi om godsdienstige beskermgeeste soos die twee mense Siddhattha die Boeddha en Jesus die Christus te sien as opkomende uit en terugkeer na ’n kosmos omring deur stille leegheid. Lesers word ook aangeraai om die moontlikheid te oorweeg om beide die vroeë Boeddhisme en die vroeë Christendom uit te brei in die rigting van ’n visie van Kosmos as ’n lewende wese, wat self in die leegheid verskyn en verdwyn.
Verskyning en verdwyning van ’n verligte mens: ’n Boeddha in Theravāda perspektief, mistiek vertolk tree in gesprek met een ou Boeddhistiese skool asook met alle lesers van goeie wil en nie slegs met ’n akademiese gemeenskap nie.
Lees die oop toegang boek by https://bit.ly/42vwd6W.
University of Pretoria/Universiteit van Pretoria het die boek gepubliseer in vennootskap met AOSIS.
(Bo: In die foto staan Thea Korff, besturende redakteur van AOSIS Scholarly Books, met vandag se Die Burger, waarin die resensie verskyn.)
Dien jou boekvoorstel in
As jy dit oorweeg om ’n boek by AOSIS Scholarly Books in te dien, laai asseblief die boekvoorstelvorm af en dien dit aanlyn op die platform by books.aosis.co.za in.
Oor AOSIS Scholarly Books
AOSIS Scholarly Books bied omvattende ooptoegangboekuitgewersdienste aan navorsers en hoëronderwysinstellings (HOIs) om vakkundige portuurevalueerde navorsingsboeke te publiseer. Alle boeke ondergaan onafhanklike portuurevaluering.